Olimpiese Somerspele 1988

Spele van die XXIVe Olimpiade
Olimpiesespele van 1988

Gehou in Seoel, Suid-Korea
Deelnemende lande 159 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 8 391 (6 197 mans, 2 194 vroue)[1]
Items 237 in 23 sporte[2]
Openingseremonie 17 September 1988
Sluitingseremonie 2 Oktober 1988
Amptelik geopen deur President Roh Tae-woo[3]
Atlete-eed Hur Jae (basketbal) en
Son Mi-na (handbal)
Beampte-eed Lee Hak-rae (judo)
Olimpiese vlam Chung Sunman, Kim Won-tak
en Sohn Kee-chung (atletiek)
Vorige Spele 1984: Los Angeles (VSA)
Volgende Spele 1992: Barcelona (Spanje)

Die Olimpiese Somerspele 1988 (Koreaans: hangoel: 서울 하계 올림픽; hanja: 서울 夏季 올림픽; Seoul Hagye Ollimpik), amptelik bekend as die Spele van die XXIVste Olimpiade, is tussen 17 September en 2 Oktober 1988 in Seoel, Suid-Korea, aangebied. Seoel is in 1981 tydens 'n kongres in Baden-Baden verkies (bo die Japannese stad Nagoja).

Die Olimpiese Stadion in Seoel

Dit was naas die Olimpiese Somerspele van 1964 in Tokio die tweede Somerspele, wat in Asië beslis is en die laaste, wat tydens die Koue Oorlog plaasgevind het. Tydens die spele het twee van die wêreld se dominante sportnasies vir die laaste keer deelgeneem, die Duitse Demokratiese Republiek en die Sowjetunie; albei lande is nog voor die volgende spele ontbind.

Noord-Korea (ondersteun deur sy bondgenoot Kuba), wat hom sedert die Korea-oorlog nog steeds in staat van oorlog met die suide bevind, het die spele geboikot; die laaste boikot van Olimpiese spele. Dit was ook die laaste spele waar Suid-Afrika weens sy Apartheidsbeleid nie kon deelneem nie. Ethiopië, Albanië en die Seychelle het nie op die IOK se uitnodigings gereageer nie.[4] Nicaragua het as gevolg van atletiese en finansiële oorwegings nie deelgeneem nie.[5] Die deelname van Madagaskar is verwag, maar dié land het weens finansiële redes onttrek.[6]

Die Olimpiese Winterspele 1988 is in Calgary, Kanada, aangebied. Die Paralimpiese Somerspele 1988 is tussen 15 en 24 Oktober in Seoel gehou.

  1. (en) "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 5 Maart 2018.
  2. (en) "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 5 Maart 2018.
  3. (en) "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 5 Maart 2018.
  4. (en) John E. Findling; Kimberly D. Pelle (1996). Historical Dictionary of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group. pp. 182–. ISBN 978-0-313-28477-9.
  5. (en) Janofsky, Michael (16 Januarie 1988). "CUBANS TURN THEIR BACK ON THE SEOUL OLYMPICS". New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 April 2019. Besoek op 5 Maart 2018.
  6. (en) "Seoul Olympics 1988". Besoek op 5 Maart 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search